Die Hells Angels Motorcycle Club (HAMC) is 'n wêreldwye motorfietsklub wie se lede tipies met Harley-Davidson-motorfietse ry. In die Verenigde State en Kanada word die Hells Angels geïnkorporeer as die Hells Angels Motorcycle Corporation. Algemene byname vir die klub is die "H.A.", "Red & White", "HAMC" en "81"[1] Die Hells Angels het 'n ledetal tussen 3 000 en 3 600[2] en 467 afdelings in 59 lande insluitende Suid-Afrika. Die HAMC is een van die grootste motorfietsklubs ter wêreld.[3]
Baie polisie en internasionale intelligensie-agentskappe, insluitend die Amerikaanse departement van justisie en Europol, beskou die klub as 'n georganiseerde misdaadsindikaat.[4][5][6][7][8]
↑"81" is 'n metoniem. Aangesien 'H' en 'A' die 8ste en 1ste letter van die alfabet is.